Welkom by KitsKerk Inligtingstelsel!

KitsKerk gemeenskap en bediening

KitsKerk Inligtingstelsel is 'n omvattende, moderne gemeente-administrasie- en inligtingstelsel. Dit is ontwerp om tradisionele sowel as eietydse gemeentes te help om hul lidmate, gesinne, bedieninge, kommunikasie en administratiewe prosesse doeltreffend op een plek te bestuur. Sluit vandag aan by die KitsKerk familie en ontdek doelgerigte gemeente-administrasie.

Maklike en moderne gemeente-administrasie

Lidmate en gesinne Bestuur gesinne, gesinsverhoudings, kontak- en lidmaatskapbesonderhede
Bediening en organisasie Organiseer wyke, groepe, kategese, diensgroepe, werkgroepe en meer
Moderne wolktegnologie Werk veilig vanaf enige toestel met 'n betroubare internetverbinding
Gedeelde kundigheid Ontwikkel deur I.T. kundiges in oorleg met gemeentes

Meer krag. Minder administrasie.

Gebruik maklike meng-en-pas kitsfilters om die presiese gemeentelyste saam te stel wat jy benodig.
Stoor jou gemeentelyste vir vinnige toekomstige gebruik.
Voer jou gemeente- en ander lyste maklik na Excel uit.
Geen sagteware-installasie of databasisinstellings is nodig nie.
KitsKerk word outomaties bygewerk, sodat jy altyd toegang tot die jongste toepassing het.
Die kerkkantoor, predikante, lidmate, groepleiers, kategete en katkisante gebruik almal dieselfde wolktoepassing (opsioneel).
Werk enige tyd, vanaf enige plek en op enige moderne toestel met 'n goeie internetverbinding.
Integreer met Payfast en ontvang debiet- en kredietkaartbetalings, Apple Pay, Google Pay, en betalings met 'n wye verskeidenheid RCS-kaarte bv. Edgars, Jet, Makro, Game, SupaQuick, en verskeie ander.
Bedryf kontant- en kaartjielose basaar-stalletjies met KitsKerk se ingeboude rekeningkrediete en verwerk betalings met QR-kodes.
Bedryf 'n gemeente-eie aanlynwinkel. Lidmate kan per EFT, Payfast or met hul rekeningkrediete betaal.
Volledige ouditspoor van alle betalings wat in KitsKerk aangeteken word.
Elke gemeente het 'n openbare blad waar lidmate in kernkommunikasie kan deel sonder dat hulle hoef aan te teken.
Fasiliteer huisgodsdiens met 'n daaglikse Bybelvers en idees vir oordenking.
Skep geteikende afkondigings, kalenderinskrywings en dokumente vir spesifieke diensgroepe, werkgroepe en ander gehore.
Stuur massa-SMS en e-pos binne sekondes direk vanuit KitsKerk.
Skep en versend nuusbriewe direk uit KitsKerk (geen 3rde party platforms met wie jy jou lidmate se persoonlike besonderhede moet deel nie!).
Pos boodskappe veilig na WhatsApp.
Stuur en bestuur Kitsboodskappe - KitsKerk se eie, ingeboude kommunikasieplatform*
Bou elektroniese vorms om inligting in te samel of stemminge te hou - met die resultate veilig binne KitsKerk (geen 3rde party toepassings of platforms wat inligting van lidmate versamel nie!)
Sinkroniseer jou gemeentekalender met Google en Outlook.
Skep en bestuur besoekpunte (met Google-kaarte), en integreer huisbesoeke met die gemeentekalender.
Bestuur jou gemeente se beskikbare lokale direk op die kalender.
Hou in-diepte rekords van alle eredienste, bywoning, vergaderings en besluite.
Bestuur en volg die gemeente se Kerkmusiek- en/of CCLI-lisensies (vervaldatums/hernuwings).
Erediensregister met gekoppelde afkondigings en liedereregister** asook intydse Youtube en Soundcloud skakels waar lidmate na die erediens kan luister.
**Skep jou gemeente se Kerkmusiek- en CCLI-lisensieverslag in sekondes.
Bou 'n omvattende profiel van elke lidmaat met administratiewe inligting, vasgepende adresse en besoekpunte, lidmaatspesifieke dokumente en meer.
Lidmate met toegang kan hul eie besonderhede opdateer. Die gemeentekantoor kan veranderinge goedkeur of terugrol.
KitsKerk waarsku administrateurs t.o.v. integriteitsprobleme met die gemeente se data.
Monitor en bestuur pastorale aksies, ondersteuning en insidente effektief op lidmaatvlak. Lidmate met toegang tot KitsKerk kan ook uitreik na die gemeente.
Kry treffende intydse grafieke en statistiek.
Stoor die gemeente se belangrike dokumente veilig in die wolk (elke gemeente kry 10gb stoorruimte gratis!)
KitsKerk bied opsionele Microsoft SharePoint integrasie vir kerkgenootskappe. Die gemeente kan sinodale dokumente vanaf 'n toegewyde SharePoint werf ('site') wat deur die sinode geskep en bestuur word aflaai (lees-alleen), en dokumente direk na die sinodale SharePoint werf oplaai (beide die gemeente en die sinode moet oor die toepaslike Microsoft 365 lisensies beskik)
Jou gemeente se inligting word outomaties in die wolk gerugsteun.
Jou gemeente se inligting word deur moderne wolk- en toepassingsekuriteit beskerm; die besonderhede word hieronder uiteengesit.
KitsKerk voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming, die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, die Kinderwet en die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.
Die gemeente-eie beleide (POPIA, gebruikersvoorwaardes). Gebruikers se aanvaarding word aangeteken elke keer wanneer die beleide verander.
* Met die uitsondering van Kitsboodskappe wat afhanklik is van lidmaattoegang ('n opsionele funksie) is al die ander funksies van KitsKerk vir alle gemeentes beskikbaar.
Gehuisves in 'n moderne, plaaslike datasentrum met rugsteun-internetkapasiteit, rugsteun-elektrisiteit, en fisiese sekuriteit (elektriese heinings, toegangsbeheer, sekuriteitskameras, ens.)
KitsKerk skakel outomaties oor na 'n rugsteunbediener in enige situasie waar die bediener onklaar raak.
Geniet 'n moderne ontwerp en 'n vloeiende, intuïtiewe koppelvlak.
en selfs meer. Doen vandag nog navraag!

KitsKerk is 'n wolktoepassing: enige tyd, enige plek!

Geniet toegang vanaf feitlik enige plek met enige moderne toestel, bedryfstelsel en blaaier.

Windows Android Apple Selfoon Tablet Rekenaar
Toegang vanaf enige plek teken aan deur 'n moderne webblaaier. Al wat benodig word, is 'n goeie internetverbinding.
Vir enige skermgrootte Die uitleg pas aan vir selfone, tablette, skootrekenaars en groot rekenaarskerms.
Deurlopende ontwikkeling Nuwe funksies en verbeterings word beskikbaar gestel sonder dat die toepassing herinstalleer moet word.
Gemeentes help vorm die produk Terugvoer van gebruikers help ons om KitsKerk tot almal se voordeel te verbeter.

Neem asseblief kennis: Die oorspronklike KitsKerk Windows-toepassing word nie meer in stand gehou nie. Ons lewer nog bystand vir gemeentes wat dié toepassing gebruik tot einde 2027.

Eenvoudige, deursigtige kostestruktuur

Gemeentes kan KitsKerk gratis gebruik tot 31 Desember 2026 (beperkings van toepassing). Opsionele dienste met 'n bepaalde koste soos SMSe, massa-e-pos en KI-prentkrediete is uitgesluit.

Gemeentefooi

Die maandelikse gemeentefooi word volgens die aantal lidmate bepaal.

Lidmaattoegang

Opsionele maandelikse toegang vir lidmate.

Gemeentefooi Maandelikse fooi volgens die gemeente se aantal lidmate.
Tot 40 lidmate Gratis
41–100 lidmate R150 p.m.
101–500 lidmate R200 p.m.
501–2500 lidmate R250 p.m.
2501–5000 lidmate R300 p.m.
Meer as 5000 lidmate R350 p.m.
Lidmaattoegangsfooi (Opsioneel) Gee lidmate opsioneel toegang tot KitsKerk. Die fooi is onderhewig aan billike gebruik.
Eerste 100 lidmate Gratis
Daarna, per 2 500 lidmate R250 p.m.
Onderhewig aan billike gebruik.
Billike gebruik Die KitsKerk span behou die reg voor om ons bedienerprestasie en hulpbronne te monitor. Waar 'n gemeente ons bedieners onder druk plaas, behou ons die reg voor om die aantal lidmate wat gelyktydig aanteken te beperk, lidmaattoegang tydelik te sper, of om, in konsultasie met die gemeente, 'n addisionele kapasiteitsfooi van R2.50 per lidmaat te hef.
Stoorruimte in die wolk Dokumente kan opsioneel in die wolk gestoor word. Bykomende ruimte kan op aanvraag gehuur word.
10 GB ingesluit
SMS-bondels Minimum aankoop van 100 SMSe per bondel. Gekoopte krediete verval nie.
30c per SMS
E-pos Elke gemeente ontvang 1 000 gratis e-poskrediete per maand. Administratiewe e-posse (bv. doopseel) en e-posse na individuele lidmate word gratis gestuur en tel nie teen die gemeente se e-poskrediete nie. Massa versendings is beperk tot hoogstens 10 000 e-posse per dag en 15 000 e-posse per maand. Gekoopte krediete verval nie.
500 addisionele krediete R75
1 000 addisionele krediete R150
5 000 addisionele krediete R300
10 000 addisionele krediete R500
KI-prentkrediete Opsionele krediete vir KI-prentgenerering.
10 krediete: R250
20 krediete: R490

Maandelikse fooie is per debietorder betaalbaar op die 1ste van elke maand, of op die eerste besigheidsdag daarna wanneer die 1ste op 'n naweek of openbare vakansiedag val.

'n 5% korting word toegestaan waar die volle jaargelde vooruit betaal word.

Veiligheid en sekuriteit

KitsKerk word ontwerp met veiligheid, privaatheid, betroubaarheid en regulatoriese nakoming in gedagte. KitsKerk is gebou met behulp van gevestigde Microsoft-wolktegnologieë.

Enkripsie

Data word met TLS beskerm terwyl dit oorgedra word en word beveilig wanneer dit in die wolk gestoor word.

Rolgebaseerde toegang

Gebruikers kry slegs toegang tot die gemeentes, funksies en inligting waarvoor hulle gemagtig is.

Identiteitsbestuur

Moderne verifikasie, rekeningbestuur en toegangsbeheer help om gebruikersrekeninge te beskerm.

Webaanvalbeskerming

Die toepassing gebruik beskerming teen algemene bedreigings soos SQL Injection, XSS en CSRF.

Geografiese redundansie

Wolkinfrastruktuur en redundansie help om die risiko van dataverlies en infrastruktuuronderbrekings te beperk.

Bedreigingsopsporing

Azure SQL ondersteun databasisouditering, sekuriteitsmonitering en bedreigingsopsporing.

Private dokumentberging

Azure Storage gebruik private houers, streng toegangsbeheer en tydelik beveiligde SAS-toegang.

Deurlopende opdaterings

Microsoft en die KitsKerk-ontwikkelingspan pas gereeld sekuriteits- en platformverbeterings toe.

TLS-enkripsie Microsoft Azure Rolgebaseerde toegang Private wolkberging Gereelde opdaterings POPIA-bewuste ontwerp

Rejoining the server...

Rejoin failed... trying again in seconds.

Failed to rejoin.
Please retry or reload the page.

The session has been paused by the server.

Failed to resume the session.
Please retry or reload the page.