Mengenal Permainan Lucky Twins Dari Microgaming
Sebagai salah satu provider permainan slot terbaik, Microgaming selalu menyuguhkan game slot terbaru untuk para penggemarnya. Lucky Twin adalah salah satu permainan slot gacor dengan nilai RTP tinggi keluaran provider slot Microgaming yang dapat memberikan …
Continue reading
Mengulas Film The Devil Wears Prada
Mengulas Film The Devil Wears Prada – Mode, sebuah dunia yang penuh dengan kemewahan, keindahan, dan ketenaran, seringkali digambarkan sebagai bagian dari kehidupan yang indah dan glamor. Namun, di balik layar, dunia mode juga bisa …
Continue reading
10 Tips Desain Web untuk Situs Luar Biasa
10 Tips Desain Web untuk Situs Luar Biasa – Situs web Anda adalah jiwa dari kehadiran online Anda. Ini adalah kesan pertama yang dimiliki pelanggan baru tentang bisnis Anda, sehingga desain situs web Anda memainkan …
Continue reading
7 Tips Desain Web untuk Situs Web Luar Biasa
7 Tips Desain Web untuk Situs Web Luar Biasa – Situs web sering kali menjadi titik fokus kehadiran online Anda. Sebagai pemilik situs web, tujuan utama Anda adalah mengarahkan semua lalu lintas pengguna dari platform …
Continue reading
Tips Desain Web untuk Membantu Situs Anda Menghasilkan Lebih Banyak Uang
Tips Desain Web untuk Membantu Situs Anda Menghasilkan Lebih Banyak Uang – Anda telah menyiapkan situs web untuk bisnis baru Anda, dan itu mendapatkan banyak lalu lintas. Hanya ada satu masalah: tidak menghasilkan uang. Ketika …
Continue reading
Manfaat SEO Teratas Dari Desain Web Responsif
Manfaat SEO Teratas Dari Desain Web Responsif – Apakah situs Anda dioptimalkan dengan mempertimbangkan pengguna seluler? Temukan manfaat SEO dari desain web yang responsif dan mengapa itu sangat penting. Manfaat SEO Teratas Dari Desain Web …
Continue readingLisensieooreenkoms
KitsKerk Inligtingstelsel Lisensieooreenkoms
Lees asseblief hierdie lisensieooreenkoms noukeurig deur voordat u KitsKerk Inligtingstelsel (“KitsKerk”) op enige rekenaar installeer en/of gebruik. Die lisensieooreenkoms bevat belangrike inligting rondom u regte en verantwoordelikhede as ’n KitsKerk gebruiker.
Maak asseblief seker dat die rekenaar waarop u KitsKerk wil installeer voldoen aan die minimum vereistes:
• Microsoft Windows 7SP1 / 8 / 8.1 / 10 (64 bit aanbeveel)
• 2GB geheue (4GB aanbeveel vir bediener/alleenstaande rekenaar)
• Pentium Dual Core G3260 (i5 aanbeveel vir bediener/alleenstaande rekenaar)
• 1280x768 beeldresolusie
• Internettoegang (opdaterings, SMS en e-pos, Facebook, Twitter en Skype)
’n 100mbps of vinniger netwerk word aanbeveel om KitsKerk oor ’n netwerk te gebruik.
Deur KitsKerk te installeer en/of gebruik aanvaar u die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms in geheel. Die ooreenkoms is ’n wettige en bindende ooreenkoms tussen u en Delitech I.T. Solutions (“ontwikkelaar”). Indien u die ooreenkoms nie in geheel aanvaar nie, moet u KitsKerk nie installeer en/of gebruik nie, en indien van toepassing, van die rekenaar verwyder.
Die ontwikkelaar gee aan u ’n beperkte, nie-ekslusiewe, nie-oordraagbare, wêreldwye reg om KitsKerk te gebruik. KitsKerk word gelisensiëer, nie verkoop nie.
U kan KitsKerk vir ’n tydperk van veertien (14) dae evalueer (“evaluasie tydperk”) om te bepaal tot watter mate dit geskik is vir u doeleindes. By verstryking van die evaluasie tydperk, moet u óf inteken op ’n lisensie om voort te gaan om KitsKerk te gebruik deur die toepaslike lisensiegelde aan die ontwikkelaar oor te betaal, óf KitsKerk van die rekenaar verwyder. U kan KitsKerk vir dertig (30) dae (maandeliks) of een (1) jaar (jaarliks) lisensiëer (“lisensietydperk”). Vir meer inligting, besoek die KitsKerk webwerf by http://www.kitskerk.com.
KitsKerk maak van tegnologiese maatreëls gebruik om ongelisensiëerde gebruik te help bekamp. U moet KitsKerk elektronies ontsluit deur dit te aktiveer. Tydens aktivering sal KitsKerk ‘n unieke installasienommer skep. Die installasienommer is ’n samestelling van een of meer hardeware komponente in u rekenaar. Die aktiveringskode is ’n afgeleide van die installasienommer. U kan KitsKerk een keer per lisensietydperk oor die internet aktiveer. U kan die ondersteuningspan kontak om te help om KitsKerk te aktiveer deur ’n e-pos te stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. . By verstryking van die lisensietydperk, moet u óf u lisensie hernu, óf KitsKerk van die rekenaar verwyder. Die ontwikkelaar behou die reg voor om die toepaslike lisensiegelde jaarliks te hersien.
U mag u KitsKerk lisensie van een na ’n ander rekenaar oordra mits u KitsKerk van die oorspronklike rekenaar verwyder. Die ontwikkelaar behou die reg voor om die aankoop van ’n nuwe rekenaar te bevestig.
U is verantwoordelik vir u KitsKerk lisensie. U mag KitsKerk slegs installeer en gebruik op die toegelate aantal rekenaars. Daar is nie ’n beperking op die aantal gebruikers wat op enige tydstip mag aanteken in KitsKerk nie. U mag u lisensie met niemand deel nie. U kan enige belangstellendes verwys na die KitsKerk webwerf by http://www.kitskerk.com. Die ontwikkelaar behou die reg voor om u lisensie op enige tydstip te bevestig en om KitsKerk te deaktiveer indien die lisensie, om watter rede ookal, nie bevestig kan word nie.
Indien u KitsKerk van u rekenaar wil verwyder, volg die volgende instruksies:
• Regskliek “Start” (Windows 8/8.1/10)
• Kliek “Programs and Features”
• Kies “KitsKerk Inligtingstelsel”
• Kliek “Uninstall/Change” en volg die stappe op die skerm.
U moet KitsKerk binne die konteks van toepaslike wetgewing, byvoorbeeld die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, gebruik. U mag KitsKerk nie vir enige onwettige doeleindes gebruik nie. KitsKerk maak van verskeie maatreëls, wat insluit gebruikersregte en enkripsie, gebruik om die inligting wat u stoor, te help beveilig. U moet u bediener en/of rekenaar(s) fisies beveilig en toegangsbeheer toepas om ongemagtigde toegang tot en/of diefstal van die inligting wat u in KitsKerk stoor na die beste van u vermoë te bekamp.
U is verantwoordelikheid daarvoor om die inligting wat u in KitsKerk stoor gereeld te rugsteun. KitsKerk bied ’n funksie om die inligting na die internet te rugsteun. Die rugsteun word op u rekenaar geënkripteer met ’n wagwoord van u keuse voordat dit na die internet opgelaai word. Die ontwikkelaar het toegang tot die geënkripteerde lêers, maar nie tot die inligting self nie. Die ontwikkelaar beskou die inligting as u eiendom.
Die ontwikkelaar waarborg nie dat KitsKerk versoenbaar is met enige ander inligtingstelsel nie en is nie verplig om enige inligting, vir watter rede ookal, na of van enige ander formaat om te skakel nie.
KitsKerk is die intellektuele eiendom van die ontwikkelaar. KitsKerk word deur kopiereg beskerm. U mag geen gedeelte van KitsKerk uitmekaar haal, verander, verwyder, hergebruik of verkoop nie. U mag nie bronkode uit KitsKerk onttrek of openbaar maak nie. U mag nie enige veiligheidsmaatreëls omseil nie. U mag nie enige afgeleide werk van KitsKerk skep nie. Die ontwikkelaar behou alle regte voor. KitsKerk implementeer derde party tegnologie. Dié tegnologie is die eiendom van hul onderskeie ontwikkelaar(s) en/of uitgewer(s).
KitsKerk bied funksies waarvoor u internettoegang en/of gespesialiseerde toerustig benodig (bv. e-pos, SMS, staafkodeskandering ens.). U internetdiensverskaffer se datatariewe is van toepassing. U kan ’n e-pos stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir meer inligting of ’n kwotasie om gespesialiseerde toerusting aan te koop wat versoenbaar is met KitsKerk.
KitsKerk bied funksies wat onder beheerde omstandighede gebruik moet word (bv. om die gebruiker se wagwoord te stoor, lidmate te verwyder of SQL opdragte op die databasis uit te voer). Dié funksies moet met groot omsigtigheid gebruik word. U gebruik dié funksies op eie risiko.
Hoewel KitsKerk deeglik getoets is, bly KitsKerk onder deurlopende ontwikkeling. Die ontwikkelingspan werk voortdurend om KitsKerk te verbeter. KitsKerk is “soos dit is”. Die ontwikkelaar bied geen waarborg dat KitsKerk aan al u behoeftes sal voldoen, óf dat KitsKerk foutvry en/of ononderbroke sal funksioneer nie. U kan foute rapporteer en/of versoeke rig deur ’n e-pos aan die hulpspan te stuur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. . Die ontwikkelaar sal foute in ’n opdatering regstel. Versoeke word oorweeg op grond van ontwikkelingskoste en die voordeel wat dit vir alle gemeentes wat KitsKerk gebruik sal inhou. Daar word nie ’n spesifieke skedule ten opsigte van opdaterings gevolg nie. Die jongste weergawe van KitsKerk kan enige tyd van die KitsKerk webwerf afgelaai word by http://www.kitskerk.com/.
KitsKerk stuur (tot 'n baie beperkte mate) sekere inligting aan die ontwikkelaar deur. Die inligting beskryf u rekenaar (bv. bedryfstelsel, verwerker, geheue ens.), u KitsKerk lisensie en foute wat voorkom. Géén inligting uit enige van KitsKerk se registers óf die lêers wat op u rekenaar gestoor is, word na die ontwikkelaar gestuur nie.
Die ondersteuningspan bied gratis hulp en ondersteuning per e-pos. Stuur ’n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek die KitsKerk webwerf by http://www.kitskerk.com vir hulp en ondersteuning. Hulp en ondersteuning op u eie perseel is beskikbaar per afspraak onderhewig aan die ooreengekome opleidingskoste en reis- en verblyfkoste.
KitsKerk sluit ’n profiel in waarmee die ondersteuningspan aanteken om u by te staan. Die profiel bied nie sonder meer toegang tot u inligting nie en kan slegs gebruik word wanneer u reeds toegang tot u rekenaar gegee het vir die ondersteuningspan.
Die weergawe van die lisensieooreenkoms op die KitsKerk webwerf is finaal en bindend.
www.kitskerk.com | Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Ontwikkel deur: Delitech IT Solutions
Postnet Suite 311 Privaatsak X15 Menlo Park 0102
+27 (12) 743 6005
C13 Ryneveld Lifestyle Centre
Van Ryneveldlaan 75
Pierre van Ryneveld
Centurion
0057
Kopiereg © 2016 Delitech I.T. Solutions. Alle regte voorbehou. Delitech I.T. Solutions en Delitech is ‘n handelsmerk in die Republiek van Suid-Afrika. KitsKerk Inligtingstelsel is 'n handelsmerk in die Republiek van Suid-Afrika.
