KitsKerk Inligtingstelsel

Soek 'n Bybelteks in KitsKerk op

Vanaf bou 2028 kan u Bybeltekse in KitsKerk opsoek. Indien u die Smarag- of Diamant-weergawe van KitsKerk het, kan u ook skyfies skep wat u op die Projeksie-venster kan intrek.

KITSKERK STOOR GEEN DATABASIS MET ENIGE BYBELTEKSTE NIE. KitsKerk soek Bybeltekste oor die internet op. 

OM 'N BYBELTEKS OP TE SOEK

  • Kliek "Bybelteks" op die "Erediens" oortjie.
  • Kies 'n Bybel en tik 'n hoofstuk in.
  • Om die hele hoofstuk op te soek, merk "Hele hoofstuk". Om 'n enkele vers op te soek, merk "Slegs vers" en tik die versnommer in. Om 'n gedeelte op te soek, merk "Vers ... tot ..." en tik die begin- en eindnommers in.
  • Om elke vers op 'n aparte lyn te vertoon, merk "Elke vers op 'n nuwe lyn".
  • Om versnommers te verwyder, merk "Verwyder versnommers".
  • Kliek "Soek teks op".

KitsKerk gebruik 'n generiese metode om die Bybeltekste op te soek. Sommige Bybels sluit opskrifte in en/of kombineer verse. Ons het ongelukkig geen beheer daaroor nie.

OM 'N SKYFIE MET BYBELTEKS TE SKEP

  • Stap 1 - selekteer die teks wat u op die skyfie wil vertoon. Selekteer dit so dat dit op een skyfie sal pas. 
  • Stap 2 - stel die skyfieparameters. Hou u projektor/beeldresolusie in gedagte.
  • Stap 3 - dubbelkliek op die teks self om dit te redigeer. 

Toets u skyfie deur die "Voorskou" knoppie te kliek.

Kliek "Stoor HTML" om die skyfie te stoor. U kan dit dan op u projeksieprogram intrek deur op "Kontroles > Voeg HTML skyfie by" te kliek.bybel2

bybel1