Hoe lyk KitsKerk?
KitsKerk is só dinamies dat dit moeilik is om permanente skermafdrukke te plaas. Kyk gerus na die volgende Youtube video waarin ons enkele hoogtepunte uitlig.
Kontak ons gerus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir 'n demonstrasie oor Skype. Nog beter: Laai ons gratis, 14-dag demo af en kyk self! Ons sal u gratis help om KitsKerk oor die internet te installeer!
Voorbereidings vir SQL Server 2014 Express
Voordat u begin
U kan SQL Server 2014 Express slegs op Windows 7SP1, Windows 8, Windows 8.1 of Windows 10 installeer. Indien u Windows XP of Windows Vista het kan u nie voortgaan met die installasie nie.
Windows 7
Indien u Windows 7 het, maak seker u het Windows 7 Service Pack 1 (SP1). Om te kyk of u Windows 7SP1 het, druk Windows-Break gelyktydig op u sleutelbord. Break is gewoonlik op dieselfde sleutel as Pause. Die "System" venster sal oopmaak. Kyk onder die eerste opskrif (Windows edition). Indien daar geen melding gemaak word van Service Pack 1 nie, het u nog nie Windows 7SP1 nie. Kyk ook onder die tweede opskrif (System) by System type of u 32bit of 64bit Windows gebruik. U moet in dié geval eers u Windows opdateer. Indien u 32bit Windows gebruik, kliek hier om SP1 af te laai (+- 538mb). Indien u 64bit Windows gebruik, kliek hier om SP1 af te laai (+-903mb). Nadat u SP1 afgelaai het, dubbelkliek die lêer wat u afgelaai het en volg die stappe om u Windows op te dateer. Dit kan 'n hele rukkie neem. Herbegin u rekenaar nadat u SP1 klaar geinstalleer het.
Windows 8 en Windows 8.1
Indien u Windows 8 of Windows 8.1 het, moet u seker maak .NET Framework 3.5 is geinstalleer. Druk Windows-R gelyktydig op u sleutelbord. Tik appwiz.cpl en kliek OK. Die "Programs and Features" venster sal oopmaak. Aan die linkerkant, kliek "Turn Windows features on or off". Maak seker daar is 'n merkie langs ".NET Framework 3.5 (includes .NET 2.0 and 3.0)" en kliek OK. Indien .NET Framework 3.5 nog nie geinstalleer is nie, sal dit nou geinstalleer word. Dit kan 'n rukkie neem.
Volg hierdie stappe om SQL Server 2014 Express te installeer.
Foute aangemeld deur toetsers
- 29/11/2014 Verwyder lidmate - Verwyder nie al die geselekteerde lidmate nie, slegs die eerste geselekteerde lidmaat en sy/haar gesin Reggestel in bou 1184.3
- 29/11/2014 Nuwe rol - Struktuur word soms nie korrek geskep nie Reggestel in bou 1184.3
- 29/11/2014 Nuwe lidmaat - Merk as gesinshoof en kanselleer dan: lidmaat bly agter Reggestel in bou 1184.3
- 29/11/2014 Verander lidmaat - 'naam' fout Reggestel in bou 1184.3
- 28/11/2014 Nuwe lidmaat - Merk as gesinshoof: kies nie outomaties 'n gesinsverband nie Reggestel in bou 1184.3
- 28/11/2014 Lidmate - Rye te klein - wys nie adres volledig nie Reggestel in bou 1184.3
- 27/11/2014 Druk tabel - SQL opdrag wys onderaan Reggestel in bou 1184.2
- 27/11/2014 Druk tabel - Kan nie bladsy uitleg kies nie Reggestel in bou 1184.2
- 27/11/2014 Druk tabel - Tabel pas nie op een bladsy nie Reggestel in bou 1184.2
- 27/11/2014 KitsKerk - Werk nie op toetsweergawes van Windows 10 nie Reggestel in bou 1184.2
- 26/11/2014 SQL opdrag - Fout met inlees van SQL lêer Reggestel in bou 1184.2
- 26/11/2014 Gemeente spesifieke SQL - Fout met inlees van SQL lêer Reggestel in bou 1184.2
- 26/11/2014 Nuwe lidmaat/Verander lidmaat - Wag tot 15 sekondes oor netwerk Reggestel in bou 1184.2
- 26/11/2014 Detailpaneel - Moet eers op eerste rekord kliek om detail op te dateer Reggestel in bou 1184.3
- 24/11/2014 Projeksie - Vorige monitor gekies word nie korrek teruggelees Reggestel in bou 1184.3
Welkom by KitsKerk!
KitsKerk Inligtingstelsel is 'n gemeente administrasie en -inligtingstelsel wat buigbaar genoeg is om aan tradisionele sowel as eietydse gemeentes se kritieke administratiewe- en bedieningsbehoeftes te voldoen.
Ons nooi alle belangstellendes om KitsKerk gratis te evalueer. Indien u hulp benodig, stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kyk na ons hulpartikels.
Ontdek doelgerigte en kwaliteit gemeente administrasie. Word vandag nog deel van die KitsKerk familie!
KitsKerk word deurlopend ontwikkel deur gekwalifiseerde I.T. spesialiste en sagteware ontwikkelaars in oorleg met gemeentes, predikante, admin personeel, regskenners en meer. KitsKerk gebruik die jongste SQL Server tegnologie, ondersteun sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en Skype en verskeie SMS diensverskaffers, bied maklike en eenvoudige opdaterings, CCLI-ondersteunende erediensregister en liedere projeksie, lokaalbesprekings, kategese, gemeentegroepe, diensgroepe, spesiale indikators en skandering om lidmate in te teken vir kerklike aktiwiteite, pasgemaakte SQL opdragte en navrae, geënkripteerde rugsteune en nog meer, en voldoen aan die vereistes van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, die Wet op Verbruikersbeskerming, die Wet of die Beskerming van Persoonlike Inligting én die Kinderwet.