KitsKerk Inligtingstelsel

Voorbereidings vir SQL Server 2014 Express

Voordat u begin

U kan SQL Server 2014 Express slegs op Windows 7SP1, Windows 8, Windows 8.1 of Windows 10 installeer. Indien u Windows XP of Windows Vista het kan u nie voortgaan met die installasie nie.

Windows 7

Indien u Windows 7 het, maak seker u het Windows 7 Service Pack 1 (SP1). Om te kyk of u Windows 7SP1 het, druk Windows-Break gelyktydig op u sleutelbord. Break is gewoonlik op dieselfde sleutel as Pause. Die "System" venster sal oopmaak. Kyk onder die eerste opskrif (Windows edition). Indien daar geen melding gemaak word van Service Pack 1 nie, het u nog nie Windows 7SP1 nie. Kyk ook onder die tweede opskrif (System) by System type of u 32bit of 64bit Windows gebruik. U moet in dié geval eers u Windows opdateer. Indien u 32bit Windows gebruik, kliek hier om SP1 af te laai (+- 538mb). Indien u 64bit Windows gebruik, kliek hier om SP1 af te laai (+-903mb). Nadat u SP1 afgelaai het, dubbelkliek die lêer wat u afgelaai het en volg die stappe om u Windows op te dateer. Dit kan 'n hele rukkie neem. Herbegin u rekenaar nadat u SP1 klaar geinstalleer het.

Windows 8 en Windows 8.1

Indien u Windows 8 of Windows 8.1 het, moet u seker maak .NET Framework 3.5 is geinstalleer. Druk Windows-R gelyktydig op u sleutelbord. Tik appwiz.cpl en kliek OK. Die "Programs and Features" venster sal oopmaak. Aan die linkerkant, kliek "Turn Windows features on or off". Maak seker daar is 'n merkie langs ".NET Framework 3.5 (includes .NET 2.0 and 3.0)" en kliek OK. Indien .NET Framework 3.5 nog nie geinstalleer is nie, sal dit nou geinstalleer word. Dit kan 'n rukkie neem. 

Volg hierdie stappe om SQL Server 2014 Express te installeer.